Menu
 

Deur ALANI JANEKE
4 Februarie 2013

1124 keer gelees | 1 kommentaar

Boere in die Noord-Kaap en Noordwes moet gereeld self inspring om swak paaie in hul omgewings te herstel.


Boere van die Sutherland-omgewing in die Noord-Kaap is moedeloos oor die toestand van grondpaaie in die omgewing en die staat se verskonings oor hoekom paaie nie geskraap of met gruis bedek kan word nie. Mnr. Dewitt Hodgson, wat ’n vervoeronderneming in die omgewing besit, sê hy sien nie kans om met sy vragmotors op verskeie van die paaie te ry nie.
 
Dié paaie is die hoofverbindings tussen Sutherland, Fraserburg en Brandvlei. “Op baie plekke is die pad so swak dat die helfte van die oppervlak net klipplaat is.” Hy sê hoewel die paaie al lankal probleme veroorsaak, het die situasie die laaste paar jaar baie agteruitgegaan.
 
Lewende hawe
Lewende hawe en lusern word die meeste op die paaie vervoer. Hodgson sê omdat vragmotors op talle paaie nie kan ry nie, word boere genoodsaak om saam met hul skape deur die veld te trek tot op ’n punt waar die diere opgelaai kan word om hulle slagplaas toe te vervoer. “Slytasie op my vragmotors jaag my maandeliks etlike duisende rande uit die sak weens die swak paaie.”
 
Die onderhoud van die paaie was eers die verantwoordelikheid van die plaaslike munisipaliteit, maar dit het nou verskuif na die provinsiale departement van vervoer en die munisipaliteit in Kimberley. “Die mees algemene verskoning wat ons kry, is dat die departement nie die regte toerusting het om die werk te doen nie, of dat hulle nie geld het nie. En daar is al verskeie kere geld bewillig om gruis op die paaie te gooi.”
 
“Al wat ons tans kan doen, is om self ’n plan te probeer maak,” vertel Hodgson.
 
Noordwes
Intussen het boere en plaaswerkers van die Mooinooi-omgewing naby Brits ook self dringende herstelwerk aan die R104 tussen Hartebeespoort en Rustenburg gedoen. Luidens ’n verklaring van AfriForum Magalies maak die plaaslike munisipaliteit net leë beloftes oor dienslewering, terwyl van belastingbetalers verwag word om vir dienslewering te betaal.
 
“Die gebied se infrastruktuur is besig om uitmekaar te val as gevolg van swak dienslewering. Die Madibeng-munisipaliteit het eenvoudig mense wat vir diens betaal, die rug toegekeer. AfriForum wil hê die munisipaliteit moet besluit of hy werklik in diens van die mense van die gebied is of nie. Tans lyk dit nie so nie," aldus mnr. Ian Cameron, AfriForum se Noordwes-organiseerder.
 
Cameron sê bewerings van algemene wanbestuur by die munisipaliteit word gemaak, en dié bewerings sal deeglik ondersoek word, waarna verdere stappe oorweeg sal word.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Anton

2013/02/05 05:43:58 AM

En so verrig die mense, wat reeds belasting betaal het vir die diens, weereens die werk. Iewers sit iemand en lekker lag vir die boere wat nou die pad regmaak, terwyl hy/hulle agteroor leun en dink hoedie geld, wat daarvoor begroot is, "opgeeet is". Die amptenare het mos geweet hulle moet die pad regmaak, maar het die speletjie enduit gespeel en gewen.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/04/14 15/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3415c 3422c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1723c 1719c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4638c 4636c down 0
Varkvleis (gem. prys) 2136c 2119c down -0.8
Braaikuikens 1712c 1721c down 0.5

Aandele

  • Namibiese Elite-koei: Bonsmara

    Funksioneel doeltreffende diere wat oral in alle toestande kan produseer, is die doelwit van mnr. Edward Hansen van Okahandja.

  • Sussex se Elite-koeie

    Met sý Sussex-beeste moet kommersiële boere op die veld wins kan maak, sê mnr. Chris Nel van Petrus Steyn.

  • Beefmasters se Elite-koei

    Mnr. Piet Human van Steynsrus se Beefmasters is die resultaat van die familie wat al 150 met beeste in die Vrystaat boer.

  • Drakensbergers se Elite-koei

    Jou oë kan vir jou jok, maar nie syfers nie, sê mnr. Edwin Schroeder van Dundee, eienaar van die Elite-koei in die Drakensberger-ras.